Speenkalfpryse deur laat reënval beïnvloed

Wool Market Report – 23 January 2019
January 24, 2019
Beheer hittestres gedurende die somermaande
January 30, 2019
speenkalfpryse

Laat reënval in die somergewasproduksiestreke kan die grootste enkele faktor wees wat tot die onlangse prysdalings vir beesvleiskarkasse en speenkalwers bygedra het.

Die prys vir beesvleiskarkasse (A-graad) het sedert 28 Desember verlede jaar met 9% skerp gedaal vanaf R45,20/kg tot R41,00/kg. Speenkalfpryse het in die ooreenstemmende tyd met 21% gedaal vanaf R33,30/kg tot R26,34/kg.

Ander faktore sluit in die invoer van braaihoendervleis voor Kersfees, die opheffing van Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status, ’n skerp toename in die aanbod van varkvleis en verbruikers wat onder druk is. Die opheffing van Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status het daartoe gelei dat die bestemde beesvleisuitvoer onmiddellik teen goedkoper pryse op die plaaslike mark aan die kleinhandel gebied is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die uitvoervolumes vir bevrore en vars beesvleis 939 679 kg vir die kalenderjaar tot einde November verlede jaar beloop. In 2017 het Suid-Afrika altesame 1 367 829 kg beesvleis uitgevoer. Die betrokke voerkrale het dadelik produksie-aanpassings gemaak, en gevolglik het die vraag na speenkalwers skerp begin daal.

Lees die volle artikel op Landbou.com

 

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!