Merinoboer verstaan naspeurbaarheid

Wool Market Report – 24 October 2019
October 28, 2019
agri-expo-livestock-supreme-beef
BKB Supreme Beef Championships 2019
October 30, 2019

Naspeurbaarheid is ’n woord wat deesdae toenemend in landboukringe gehoor word en daar word al hoe meer druk op landbouers geplaas om ’n deursigtige benadering tot hul boerdery te hê. Hoewel almal nie ewe beïndruk hiermee is nie, glo Diederik Vermeulen, ’n skaapboer van die plaas Vrede by Philipstown in die Noord-Kaap, dat dit boere sal help om die gehalte van hul produkte te verbeter.

Vermeulen het die afgelope twee jaar aan ’n naspeurbaarheidsprojek saam met die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO) deelgeneem en het vroeër vanjaar tydens BKB se eeufeesvieringe in Port Elizabeth vir die eerste keer ’n ontwerperspak wat uit wol van sy eie skape gemaak is, aangehad.

Hierdie projek is ’n eerste vir Suid-Afrika en slegs die tweede in die wêreld onder die wakende oog van Peter Ackroyd, voormalige president van die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO). Die eerste is in samewerking met ’n Australiese boer gedoen. Die doel van die projek was om die reis van wol aan afgevaardigdes van die IWTO se jaarlikse kongres wat vroeër vanjaar in Venesië, Italië, gehou is te demonstreer. Ackroyd het op BKB se eeufeesvieringe in Mei in Bloemfontein gesê hy is van mening dat premiumhandelsmerke hul toewyding tot die omgewing wil beklemtoon en daarom is dit van die uiterste belang dat boere so deursigtig moontlik boer. “Jy kan nie ’n massiewe bedrag vir ’n trui, ’n pak klere of ’n baadjie vra en nie weet wat jy gebruik het om dit te vervaardig nie. Ek glo dít is ’n geleentheid vir wol om sy hele verhaal, van die plaas tot by gewilde mode-items op loopplanke, te vertel.”

Die projek het die hele proses volg van die skaap wat geskeer word, die verwerking van die wol, die vervoer na BKB, die koop en die uitvoer van die wol, die spin en dan uiteindelik die vervaardiging van die materiaal. Lempriere het vir die projek Vermeulen se hele hooflyn-skeersel vir Marzotto aangekoop. Die spinwerk is in Egipte gedoen en die materiaal is in Venesië vervaardig. Die materiaal is amptelik vroeër vanjaar op die jaarlikse kongres in Venesië uitgestal. Vermeulen het self ook 4 meter van die 21.5 mikron-materiaal ontvang om vir hom ’n pak te laat maak. Terug in Suid-Afrika het Wolf Edmayr, direkteur van BKB en deesdae ook voorsitter van die IWTO, gereël dat die Suid-Afrikaanse klerevervaardiger House of Manatic in die Kaap ’n pak vir Vermeulen maak. ’n Prag wolvag van die merinoplaas Vrede in die Philipstown-distrik.

Lees volledige artikel op netwerk24.com

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!