Meer lande se markte weer oop vir SA beesvleis

The recent relationship between wool price and GDP
March 18, 2019
Wool Market Report – 20 March 2019
March 21, 2019

Onderhandelings deur die departement van landbou, bosbou en visserye se handelskomitees is besig om vrugte af te werp.

Meer lande het weer hul markte vir die uitvoer van veral varkvleis en verwerkte produkte oopgestel, terwyl sommige lande ook weer plaaslike beesvleis sal invoer. Suid-Afrika se buurlande Namibië en Botswana blyk egter nog lugtig te wees.

Handel in veilige kommoditeite geniet tans voorrang. Die departement het reeds die remediëring van veterinêre gesondheidsertifikate vir beesvleis na Bahrein, Egipte, Jordanië, Koeweit, Lesotho, Mosambiek, Katar, Swaziland en die Verenigde Arabiese Emirate suksesvol onderhandel. Varkvleis uit bek-en-klouseervrye gebiede kan ook weer na Lesotho, Msoambiek, Namibië (gedeeltelik), die Seychelles en Swaziland uitgevoer word.

Onderhandelings om weer Suid-Afrikaanse beesvleis en varkvleis na Namibië en Botswana uit te voer is aan die gang.

Die markte vir suiwelprodukte is ook weer grootliks oopgestel. Sommige markte vir die uitvoer van huide, velle en wol word egter nog beïnvloed en onderhandelinge duur voort.

Die volle lys van verwerkte kommoditeite wat uitgevoer kan word, is by die departement beskikbaar. Elke invoerder het egter steeds die reg om sy eie standaard van veiligheid te handhaaf en boere kan dus nie bloot aanvaar dat uitvoermarkte vir veilige kommoditeite outomaties oop sal wees nie.

Mnr. Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het met mnr. Lin Songtian, Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, vergader om handel tussen die twee lande te bespreek. Albei partye het saamgestem dat strenger maatreëls nodig gaan wees om waarborge vir toekomstige handel te kan bied. China het onder meer in Februarie die invoer van Suid-Afrikaanse wol verbied.

Lees die volledige artikel op Landbou.com

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!