Ile de France lewer groot resultate

Wool Market Report – 3 April 2019
April 5, 2019
Die komende seisoen se veesiektes om voor uit te kyk
April 10, 2019

Die Ile de Francesskaapras werp vrugte af met doelgerigte teling en seleksie vir eienskappe, wat ekonomiese voordele bied. Die moderne Ile de France is verseker van funksionele doeltreffentheid omdat hulle oor fenotipiese eienskappe beskik, hulle het ook die genetiese vermoë om winsgewende slaglamproduksie te verseker.

Omdat die Ile de France die vermoë het om baie vinnig gewig aan te sit is die ras uiters gewild in voerkrale. Hulle kan ’n gewig van 19 tot 22kg op 42 dae, en 35 tot 46kg op 100 dae, behaal onder normale voedingstoestande. Dus kan die slaglamprodusent reeds op 100 dae lammers bemark. ’n Uitstekende gemiddelde daaglikse toename (GDT) van 704g is behaal in ’n na-speen ramgroeitoets.
Puik gespierde karkasse met egalige vetverspreiding sonder oormatige vet word deur die Ile de France gelewer.

Altesaam het twaalf rasse deelgeneem aan die ALFA 2018 kompetisie in Parys, waar ’n Ile de France-lam kampioen aan die hak in die Virbac interras-slaglamkompetisie aangewys is.
In die Hoëveld TAU Voere-slaglamkompetisie het Ile de France-lammers ook die eerste vyf enkelkarkasplasings aan die hak verwerf. Hulle is ook as die kampioengroep aan die hak aangewys. ‘n Deelnemer se Ile de France-lammer het 41,8kg op die hoef geweeg en 21,98kg uitgeslag.

Nog ’n prestasie om te noem is dat ’n elfde en twaalfde plek deur twee Ile de France- en Meatmasterkruislammers verwerf is – ’n uitstekende bewys dat kruisteling met Ile de France-ramme die karkasgehalte en bouvorm van lammers verbeter.

’n Ile de France, wat op 107 dae teen 23,3kg uitgeslag het, was die 2017 Royal Skou-slaglamkampioen. Die lam is vir R1 350/kg opgeveil nadat ’n punt van 99,37% behaal is.
’n 81-jarige kommersiële teler van Vergeleë, Annatjie le Roux, wat al sedert 1975 met Ile de Franceskape boer, het verlede jaar ’n derde plek in die nasionale South African Meat Industry Company-slaglamkompetisie behaal met ’n punt van 98,92%.

Omdat Ile de France-skape in Frankryk geteel is en daar geen genetiese verwantskap is met die dubbeldoelrasse wat plaaslik ontwikkel is nie, word basterkrag se volle potensiaal deur kruisteling met Ile de France-skape ontsluit.

Francois van Wyk ‘n boer in die Burgersdorp-distrik vertel dat sy pa Ile de France-ramme op Witdorper-tipe ooie begin gebruik het. Hy bemark menigde male lammers wat naastenby 6kg swaarder as suiwer lammers is en hierdie kruislammers presteer uitstekend op gemengde gras- en bossieveld. Hy kry ’n addisonele R183 per lam in sy sak teen heersende pryse.

Oorspronlike artikel op AgriOrbit

Foto van Ile de France

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!