R216,48/kg (skoon) gesluit by eerste wolveiling

FMD-free status temporarily suspended
January 11, 2019
FMD outbreak minimal impact on wool exports
January 14, 2019
wolveiling

Op die eerste wolveiling van die jaar het die prys danksy aansienlike prysstygings in Australië op R216,48/kg (skoon) gesluit.

Volgens Cape Wools het sy Merino-aanwyser met 4,2%, oftewel 863 punte, gestyg. Die Australiese EMI het met 3,6% toegeneem. Cape Wools se aanwyser vir alle wol het met 3,9% verhoog.

Cape Wools sê daar was stewige mededinging, veral vir goeie Merino-langwol. Die verkope van swakker wol, asook lammerwol, was gunstig.

Volgens die organisasie begin ’n tekort aan goeie wol ontwikkel as gevolg van die volgehoue droogtes in Suid-Afrika en Australië, asook die toename in korter wol weens die verandering in skeerpatrone.

Die prys van sterker wol van 19,5 mikron en meer het meer gestyg as dié van fyner wol as gevolg van groter fynwolaanbiedings in Australië. ’n Groter persentasie wol word ook nadelig beïnvloed deur die droogte.

Altesaam 95,8% van die 10 850 bale wat op die veiling aangebied is, is verkoop. Die grootste kopers was G Modiano SA (3 467 bale), Standard Wool SA (3 446 bale), Lempriere SA (1 693 bale) en Tianyu SA (1 306 bale).

Lees meer oor die pryse op rekordvlakke en bek-en-klouseer op Landbou.com

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!