Bloudruk vir ‘n naspeurstelsel in wolbedryf

New BKB retail store opened in Port Elizabeth
March 1, 2019
Reduce supply to lift Merino prices
March 5, 2019

Die bloudruk vir ’n naspeurstelsel in die wolbedryf wat op blokkettingtegnologie geskoei is, is onlangs aan die res van die wolbedryf voorgelê.

Mnr. Isak Staats, hoofbestuurder van BKB se wol-en-bokhaarafdeling, het tydens sy voorlegging aan produsente, kopers en handelaars by BKB se hoofkantoor in Port Elizabeth voorgestel dat alle wolbale in Suid-Afrika geïdentifiseer word met ’n etiket wat ’n mikroskyfie, staafkode en unieke nommer bevat.

Alle inligting oor die wolbaal word dan aan dié unieke etiket gekoppel namate die baal deur die produksieketting beweeg en hanteer word – van die boer, makelaars en kopers tot die verwerkers. Die verskillende stappe van hantering vorm die blokke van die blokketting en verseker volledige naspeurbaarheid.

“BKB kan nou sê dat ons ’n betroubare stelsel het, en dat ons die skoolgeld betaal het om tot hier te vorder. Vir ons om egter die werklike waarde van die tegnologie te benut, moet dit reg deur die bedryf ingespan word,” het Staats gesê.

Lees die volledige artikel op Landbou.com

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!