Beheer hittestres gedurende die somermaande

speenkalfpryse
Speenkalfpryse deur laat reënval beïnvloed
January 28, 2019
Wool Market Report – 29 January 2019
January 31, 2019

In Suid-Afrika word die somermaande gekenmerk deur geweldige hitte. Diere staan dikwels die hele dag in die bloedige son, daarom is dit noodsaaklik dat produsente die nodige maatreëls tref om hittestres tot die minimum te beperk by diere wat daagliks aan erge hitte blootgestel word.

Faktore wat hittestres verhoog

Alle warmbloedige spesies word negatief deur uiterste weerstoestande en temperature beïnvloed, hetsy hitte of koue. “Wanneer erge hitte egter boonop met hoë humiditeit gepaardgaan en koue met wind, reën of stofstorms, is diere se stresvlakke soveel hoër”, sê Dr Heinri Spangenberg, ’n professionele veekundige van Scipro Animal Science Konsult en Wesfed Veevoere.

Die afstande wat hulle moet stap, is ook ’n groot faktor wat stres die hoogte laat inskiet.

Tekens van hittestres

Tekens waaraan gesien kan word dat diere se hittestres hul produksie laat afneem, is onder meer:

  • ’n Afname in melkproduksie.
  • ’n Afname in diere se liggaamskondisie.
  • Akute gesondheidsprobleme.
  • ’n Duidelike afname in dragtigheid.
  • ’n Hoë voorkoms van aborsies.
  • ’n Hoë vrektesyfer.
  • Subkliniese en kliniese rumen-asidose of suurpens.

Bekamping van hittestres

  • Water: Water een van die grootste faktore wat beskikbaar moet wees om hittestres te bekamp. Water is die belangrikste voedingstof. Die duimreël is dat ’n koei onder normale temperature vier keer haar melkproduksie aan water moet inneem en meer in die warm somermaande.
  • Stof: Stof kan ’n dier se lugweg affekteer en tot moontlike infeksies lei. Boere word aangeraai om stof tot die minimum te beperk, veral by melkerye en voerkrale.
  • Modder: Modder, veral in gebiede waar die diere gaan sukkel om by die vreetarea uit te kom, sal ook die impak van hittestres verhoog. Hou dus modder uit die krale en hou-areas.

Die volgende algemene beginsels word aanbeveel:

  • Die belangrikste is om diere met waaiers, water en voldoende skadu af te koel.
  • Maak die diere se loopafstande so kort as moontlik.
  • Staantyd in die hou-area voor melking moet so kort as moontlik wees.
  • Voer vroeg in die oggend en laatmiddag. Dit is noodsaaklik om ou voer wat warm geword het, te verwyder en dit is wenslik om 60% van die voer eers in die namiddag vir die diere te gee.
  • Sorg dat daar skadu is vir diere wat nie behuising het nie.
  • Moenie met die diere op die warmste tyd van die dag werk nie.

Lees die volledige artikel op AgriOrbit

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!