Windskade bring verliese in die Wes-Kaap

Dries Wiese, dorperboer, op RSG Landbou
November 2, 2018
The fall steadies but no light in the tunnel – Mecardo
November 6, 2018

Sterk wind is besig om oestyd in die Wes-Kaap in ’n nagmerrie te laat ontaard.

Die Swartland het middel Oktober deurgeloop en teen die einde van die maand het die wind ook groot skade in die Suid-Kaap aangerig. Landboukundiges sê oeste is meestal beter as verlede jaar, maar die omvang van die skade wat die wind aangerig het, moet nog bereken word. Mnr. Lombard van Jaarsveld, landbouraadgewer op Moorreesburg, sê boere oes met mening.

Opbrengste van 1,5 tot 4 ton/ha koring word daar behaal. “Ons hoop om gemiddeld sowat 2,7 t/ha in ons streek te haal.” Hy sê die opbrengste verskil so baie omdat die wind van 12 tot 14 Oktober die pitte uit die are gewaai en groot skade aangerig het. “Dit is nog te vroeg om te sê, maar die skade kan in sekere gebiede tot 45% wees.”

Meer as 60% van die koring wat tot dusver ingeneem is, is van die graad B1 en ’n kwart is B2.

Lees die volle artikel op Landbou.com