Dubbel X SAVM-veiling se pryse

South Africa
Sheep industry needs experts
October 9, 2017
wool
Wool Market 11 October
October 12, 2017

Kobus de Jager van die Dubbel X Suid-Arikaanse Vleismerino (SAVM)-stoet het op Dinsdag 19 September 2017 sy elfde produksieveiling op die plaas Schuilplaas in die Amersfoort-distrik gehou. Volgens AgriOrbit, was die gemiddelde prys van 37 ramme was R14 527, wat die hoogste gemiddeld nog op ’n SAVM-produksieveiling was.

 

 

Die duurste ram en ooi wat op die Dubbel X SAVM-veiling verkoop is. Agter van links is Sunet de Jager, Marie de Jager en Kobus de Jager, verkopers van die duurste ram, Jaco Maritz, koper van die duurste ram, Jan Mostert, afslaer, en Theuns Barnard van BKB. Voor is Erik Heymans en MJ Lourens van BKB Louwid.

Veilingsuitslae:

Hoogste prys ram: R24 000 (Koper: Jaco Maritz, Memel)
Tweede hoogste prys ram: R23 000 (Koper: Jaco Maritz, Memel)
Gemiddelde prys ramme: R14 527
Hoogste prys dragtige stoetooi: R4 250 (Koper: Wessel van Niekerk, Kriel)
Gemiddelde prys dragtige stoetooie: R3 288
Hoogste prys ooi met lammers: R3 800 (Koper: AJ van Niekerk, Kriel)
Gemiddelde prys ooie met lammers: R2 969
Aangebied deur: BKB Louwid Standerton

 

Afslaer: Jan Mostert

 

Bron: AgriOrbit