Landboukongres in 2022

Follow-up rain critical
January 4, 2018
SA Wool Report January 2018
January 8, 2018

Kaapstad is as gasheer aangewys vir die 30ste Statebond-landboukongres in 2022. Die bod vir die aanbied van die kongres is deur die Royal Agricultural Society of the Commonwealth (RASC) aan Agri-Expo, ’n nie-winsgewende landbougenootskap, toegeken.

“Die toekenning aan Agri-Expo om hierdie internasionale kongres in Kaapstad aan te bied, is ’n ideale geleentheid om die wêreld te laat fokus op die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing en spesifiek die Wes-Kaap,” sê Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo en trusteeraadslid van die RASC. “Die kongres sal die uitdagings en suksesse van ons landbouers uitlig en verder voortbou op Suid-Afrika en die Wes-Kaap se toeganklikheid as die poort tot landbou in Afrika.”

Die 30ste Statebond-landboukongres sal van 13 tot 18 November 2022 in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum plaasvind. Die vorige kongres in Suid-Afrika is in 2001 deur die Royal Agricultural Society of Natal in KwaZulu-Natal aangebied. Die kongres word bygewoon deur sowat 500 afgevaardigdes van 30 Statebondlande en word ondersteun deur die International Association of Fairs and Expositions, wat as landbouvertoonvenster in Amerika optree.

“Die RASC is ’n konfederasie van meer as 50 landbouverenigings, navorsingsinstellings en landbougenootskappe van regoor die Statebond, met Haar Koninklike Hoogheid Prinses Anne van Brittanje as president. As die enigste stem van landbou in die Statebond werk die RASC nou saam met die Statebond se sekretariaat en ander liggame, en dit speel dus ’n belangrike rol in die bevordering van landbou,” sê Ehlers.

Die 28ste Statebond-landboukongres vind in 2018 in Edmonton (Alberta, Kanada) plaas en die 29ste kongres in 2020 in Norwich (Norfolk, Engeland).

 

Bron: AgriOrbit

//]]>