Hoogste prys vir seisoen

Wool Market Report 6 June
June 7, 2018
A look around fibre prices
June 12, 2018

Die hoogste vetwol prys tot dusver vir die 2017/2018 seisoen was behaal deur Mnr Christiaan Wagenaar van die plaas Bloemhof in die Jamestown distrik.

Die 3 Bale BH van 16.8 mikron met ‘n 78.45 skoonopbrengs was gekoop deur “Standard Wool” se Mnre Paul Lynch, Ken Craig en Razeen Johaar  vir die vetwolprys van R230-00 per kilogram.

BKB se Mnr. Basie Claasen was die afslaer.

Die toetsresultaat van die bale BH was uitsonderlik goed en tesame met die besondere kwaliteit van die wol het dit goeie kompetisie in die veilingslokaal geniet.

Van links na regs: Mnr. Ken Craig, Mnr. Paul Lynch en Mnr. Razeen Johaar, al drie van “Standaard Wool” Mnr Jan-Harm van der Walt, BKB Skaap en Wol adviseur Jamestown en Mnr Basie Claassen, BKB Wol afslaer.

 

//]]>